DIE VOYEUR, DIE WILDEKALKOENEIER EN
DIE DWERGTOLLETJIE
(Uittreksel uit Speels)
’n
Motor stop buite en ek kyk gou by die venster uit. Dit kan net Ben wees.
Maar dan moet ek my oë ’n hele paar keer knip: Wat ek sien, is ’n oupagrootjie wat sukkel om uit ’n ou, vaal bakkie te klim.
Maar dan moet ek my oë ’n hele paar keer knip: Wat ek sien, is ’n oupagrootjie wat sukkel om uit ’n ou, vaal bakkie te klim.
Ek
wil nie die deur oopmaak nie. Ek wil niks meer met énige man te doen hê nie. Ek
staan net. En hy hou aan met klop. Skielik is ek baie bly ek lyk nie op my
beste nie.
“Hallo,
oom, is oom se naam Ben?” vra ek hoopvol toe ek dapper genoeg voel om vir hom
oop te maak. Dit kan tog nie wees nie!
“Ben
Cloete, ja! Môre, môre. Mensig, maar jy’s ’n mooi aster!”
Vanoggend
se moed verdwyn soos die spreekwoordelike mis voor die son en ek probeer hard
om vriendelik te bly. “Kom maar in, oom.”
Hy
moet doof wees, want hy reageer glad nie op die “oom” nie. Ons stap met die
gang af en ek hoor ’n snaakse klank agter my. Die ouman kug-kug en hy is aan
die vryf. Dit vryf so ál by die gulp verby. Dan ruk hy homself so ’n bietjie
regop, en weer kom die snaakse klank: “Hhhhmmmmm! Hhhmm! Hhhhhmmmm!” Baie soos
’n engine wat wil start.
Ek
maak hom in die sitkamer sit. “Net ’n minuut, oom. Ek gaan maak vir ons tee.
Engels of rooibos?”
“Dit
sal vorentoe smaak, nonna!” Hy is definitief hardhorend. In die kombuis gryp ek
die kookbrandewyn wat langs die stoof staan en vat ’n sluk uit die bottel. Nie
dat dié Dutch courage sal help nie. Kan ’n mens wragtag nog so hups wees op
daardie ouderdom, met die vrywery aan die gulp?
Met
die rooibostee op die tafeltjie tussen ons begin ek, uit hoflikheid: “Hoe lank
bly oom-hulle al op die dorp hier langsaan?”
“Ag,
nonnatjie, dis al jarre. Van ek afgetree is. Maar ek doen nog deeltydse werk,
hoor! Moenie vir my verkeerd kyk nie!” Hy wil sommer dadelik tot die punt kom,
hy wil vertel hoekom hy so vinnig na my toe gery het. “Poplap, dis omdat dit
Saterdag is. Kyk, ek en my vrou Lettie, ons is nou eintlik gewoond Saterdae is
... dis nou ons dag.”
“Oom-hulle
se dag?”
“Ja,
poppie. Jy weet, almal het maar hulle gewoontetjies. Ons gewoonte is Saterdae
saam met nog een ...” Die oom haak vas, vryf ’n slag oor die gulp en gee weer
’n “Hhhhmmmmm! Hhhmm!”
“Saam
met nog een, oom?” Ek glo nie ek verstaan reg nie. Nee, dit kan nie wees nie!
“Ja,
élke Saterdag, klokslag. Maar nou’s ons in die knyp, jy sien. Die vroutjie wat
altyd sáám met ons gevry het, dié het getrek. Dis hoekom ek nou kom kyk het ...
Nonna, ek het kom kyk of jy sal inpas. Ja. Of jy nou die regte een sal wees vir
my en my vrou.”
Holy
Moses! Wees stil, my swak hart. Maar die oom is nie klaar nie. Hy bekyk my
lank, met doodse erns. Op en af kyk hy. “Ja, ek moet jou eerlik sê, jy is baie
mooier as wat daardie vroutjie was. Nee, ek kan sommer sien jy’s reg.” Hy gee
die gulp ’n flinke vryf. “Jy gaan inpas, pop. Ek waarborg jou, jy gaan baie
gelukkig wees by ons!” Sy beplooide gesig straal behoorlik en hy vryf sy wye
snor plat met die agterkant van sy hand.
Ek
wil klaarspeel met dié storie. “Weet jy, oom, ek het regtig ’n enkel,
ongetroude man gesoek, ek het nie vir ’n couple gesoek nie.” Ek het nie krag
hiervoor nie, ek wens hy wil nou net gaan. Asseblief! Ek staan solank op.
“Nee
maar, ounooi, jy gaan dit verskriklik geniet! Jy het geen idee hoe lekker jy by
ons gaan kuier nie. Naweke kan jy sommer kom oorbly, dan begin ons al
Vrydagmiddag. Tot Sondagaand, dwarsdeur! En daar’s ’n bonus! Hhhhmmmmm! Hhhmm!
My vrou is ’n bobaas kok, pop! Sondae gaan jy skaapboud eet, trifle vir
poeding, Hertzoggies saam met die koffie. Jy kan bekostig om ’n paar pondjies
by te sit, ek kyk jou so!”
Ek
bly staan; dan skuifel ek in die rigting van die deur. Maar nou raak die oom
braaf, met ’n breë perdeglimlag.
“Daar
wag ’n verrassing vir jou, pop! Jy’t nog nie vir Petrus gesien nie!” Die hand
is weer by die gulp besig. En hy raak nog brawer: “Man, ek is nou so warm, ek
wys hom sommer vir jou!”
Die
oom beur op uit die stoel en in dieselfde beweging trek hy sy zip af. En daar
hang Petrus. Die ene kolle, soos ’n wildekalkoeneier. Bruin, pienk, ’n bietjie
wit. ’n Slap, gevlekte affêre.
“Asseblief,
oom, trek op daai zip! En ek dink oom moet regtig nou gaan!” Ek gryp hom aan
die arm en hy “Hhhhmmmmm! Hhhmm!” die hele end met die gang af tot by die
voordeur.
Skaars
het ek die Yale lock behoorlik op knip, of daar is weer ’n klop aan die deur.
“Kry
jou ry, oom, ry!”
Toe
die oom se bakkie om die hoek verdwyn, dink ek: Dit was so afgryslik, hoe gaan
ek dit ooit uit my kop kry? Slap chips en Russians! O fok, net nie ’n Russian
nie! Spare ribs.