So op die vooraand van ons KKNK-praatjie by die ATKV Kafee loop
my gedagtes weer terug in die spore van Speels
se storie.
As iemand my vandag sou vra wat werklik aanleiding gegee het
dat ek op dié pad van Speels beland
het, is die antwoord in alle eenvoud: eensaamheid.
Die skrikwekkende, aller verskriklike alleen ná my kinders
uit die huis uit is, kon ek nie eens by die naam noem nie. My afgekapte hande
en gebrokenheid nie eens erken nie. Dít sou ’n swakheid wees, ’n skande.
Die spreekwoord: lag en die wêreld lag met jou, huil en jy
huil alleen, het ek té goed geken. My enigste alternatief was om die lendene te
omgord en pro-aktief te wees.
Nou ja, ek kon seker by ’n tuinbouklub, óf koeksistervereniging
aansluit, maar reg voor my was die internet se oop deur – moeiteloos toeganklik
met ’n hele wêreld wat wag om met my te gesels op die punte van my vingers . .
.
http://kknk.co.za/program-2/lesings/stories-en-skrywers/speels-en-sexy-in-afrikaans/
http://kknk.co.za/program-2/lesings/stories-en-skrywers/speels-en-sexy-in-afrikaans/